Leerders van Noordhoek Primêr tydens hul werkswinkel wat deur die NSRI aangebied is.Foto:


Sowat 2 000 Suid-Afrikaners, onder wie 600 kinders, verdrink elke jaar in Suid-Afrika.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) deel ’n paar wenke om in en om die water veilig te bly:. Leer kinders van kleins af om nooit alleen te gaan swem nie en moenie kinders alleen naby water los nie.. Wees altyd ’n armlengte weg van kinders sodat jy vinnig kan reageer indien nodig.. Bly waaksaam by die huis met emmers water waarin wasgoed gewas word (kinders kan in vlak water verdrink).. Maak kinders bewus van die gevare in en om die huis, soos visdammetjies, fonteine, toilette, slote en selfs honde se waterbakke.. Maak seker jou kind het nie toegang tot die swembad as julle dalk ’n swembad het nie. . Ouers moet onthou – alkohol en swem gaan nie saam nie! Moenie alkohol gebruik en dan gaan swem nie.

Mense moet die water geniet, maar moet versigtig naby swembaddens, damme, die see en ander watermassas wees.

Memoriseer die noodnommer 112.. Die plaaslike NSRI hou werksessies by skole en ander instansies.

You need to be Logged In to leave a comment.