’n Paarl Post-leser het in verlede week se koerant die vraag gestel waar Paarl se feeste dan nou is? Die Paarl was immers die eerste dorp in die Boland wat destyds ’n wynfees gehou het – die Wingerdfees, wat onder meer in Faurestraat en Victoriapark gehou is. Later het dit verander na die Nouveau-fees, wat in die blommetuin op Paarlberg gehou is. Maar sedertdien is geen noemenswaardige wynfeeste in die Paarl gehou nie. Hierdie ou poskaart, wat uit 1951 dateer, wys die groot skaal van die destydse Wingerdfees met ’n vlot-optog in Hoofstraat, Paarl.

Credit: SYSTEM

Nostalgie na Paarl se eertydse wingerd- en wynfeeste

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article