Die Paarl
Post het sopas verneem dat ‘n bejaarde vrou vanoggend (27 September) in haar huis by Weststraat in
Noorder Paarl vermoor is.
Dit is in
die stadium onbekend hoe die verdagte toegang tot die huis gekry het maar
volgens Paarl-polisiekantoor woordvoerder Kapt. Louise du Plessis blyk die
toneel soos huisbraak.
Met Paarl Post se aankoms op die toneel het verskeie bure en kenisse van die oorledene in skok gestaan naby die moordhuis. Die buurt word beskou as ‘n kalm area waar almal in vrede saamleef.
Du Plessis
sê die vrou was volgens inligting alleen by die huis. Daar word glo verskeie waardevolle items vanaf die huis vermis.
Meer
inligting volg.