Kristina Klaasen, Florencia Michaels en Anneline Arries is vir die Winnie Rust-toekenning genomineer. Die wenner sal by die Stasiefees aangewys word.
Die kriteria vir nominasies is as volg:
• Die toekenning moet ’n viering wees van die nalatenskap van die stories en boeke van Winnie Rust – mense wat ’n dapper stryd voer om moeilike omstandighede te oorkom.
• Dit moet ’n randfiguur wees wat ’n held of heldin is in sy/haar eie gemeenskap, wat uitstyg bo die omstandighede.
• Iemand wat swaarkry en uitdagings kan transformeer tot iets goeds.
• Dit moet iemand wees wat iets regkry en geleenthede raaksien en benut en boonop teruggee aan die gemeenskap.
• In die lig van die hartseer omstandighede van Winnie Rust se dood, moet die kandidaat verkieslik ’n jong vrou wees. Slegs in buitengewone omstandighede sal ’n verdienstelike jongman oorweeg word.
.