Paarl Rolbalklub se 24ste Sakeliga-toernooi, geborg deur My Ride Nissan en Greeff Eiendomme, is pas afgehandel. Hierdie uiters gewilde toernooi is oor ’n tydperk van vyf weke deur 44 spanne (176 spelers) beslis. Ná ’n strawwe kompetisie is Wolf Security as vanjaar se wenner aangewys. Op die foto is (van links) Hanno Koen (prinsipaal van Greeff Eiendomme), Wolf Security se Cindy en John van Breda, Hesmarie Fourie en Jannie van Breda, Wynand Viljoen (president van Paarl Rolbalklub) en Francois van Deventer (visepresident). Die klub bedank graag alle spelers, ondernemings en borge asook die Drakenstein-munisipaliteit vir hul ruim ondersteuning van die Sakeliga-toernooi. Foto: