Nog ‘n leerder van ‘n spogskool in die Paarl het na bewering gistermiddag haar eie lewe geneem.

Dit kom skaars 48 uur nadat die liggaam van ‘n leerder van Hoër Meisieskool La Rochelle dood by haar huis gevind is in die Paarl.

Volgens ‘n polisieverklaring is Zara Malherbe (17) gistermiddag om 17:30 aan ‘n skietwond dood kort na haar aankoms by Paarl Mediclinic. Sy was ‘n gr. 11 leerder van HMS La Rochelle.

Die skool het Donderdagoggend die nuus oor die dood van Jade Gouws (17) op sy Facebook-blad gedeel.

Jade was ‘n baie gewilde gr. 11-leerder aan La Rochelle wat veral belang gestel het in kultuursake. Sy was deel van die skool se onlangse produksie van The Greatest Showmanen. Skoolhoof Amanda Lochner het haar beskryf as ’n “pragtige, positiewe kind”.

Jade word oorleef deur haar ma en polisievrou, Carmen, en ’n jonger broer van drie jaar oud.

You need to be Logged In to leave a comment.