Wiensenhof Franschhoek, een van die 52 koffiewinkels onder die vaandel van Wiese Coffee Holdings, is verlede week amptelik geopen met ’n bederf van allerlei lekkerhede wat daar aangebied word. Die oud-Gimmie en Springbok-rugbyheld Kobus Wiese en sy vrou, Belinda, het reeds in 1994 met hul koffierooster-besigheid aan die Oos-Rand in Gauteng begin en die onderneming se vlerke sedertdien landwyd gesprei. Wiesenhof Franschhoek is wel die nuwe vlagskip-leeftyl-konseprestaurant van hul onderneming en kan nie net as ’n koffiewinkel beskryf word nie, maar sluit in ’n gelato-kroeg, restaurant, skemerkelkie-kroeg, bakkery asook al hul koffiespesialiteite. Die Hoërskool Gimnasium Paarl se bemarkingsbestuurder, Marius Husselman, Kobus Wiese, Gimnasium se skoolhoof, Paul Viljoen, en nog ’n oud-Gimmie en sakeman, Hansie Britz, was by die opening. Foto: Lise Beyers


Nog ’n koffiewinkel vir Franschhoek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article