Eskom se voorgestelde tariefverhogings vir 2025 is ’n skokkende slag vir verbruikers en die ekonomie.

Die kragreus se aanhoudende eise vir buitensporige verhogings druk huishoudings en ondernemings se begrotings tot die uiterste. Dit is duidelik dat Eskom, wat jare lank sukkel om volhoubare dienste te lewer, nou probeer om sy eie wanbestuur en finansiële foute op verbruikers af te dwing.

Vir die gemiddelde huishouding beteken hierdie verhogings onbeheerbare elektrisiteitsrekeninge. Met inflasie en lewenskoste wat reeds hoog is, sal gesinne verder sukkel om basiese goedere te bekostig. Dit plaas ’n ondraaglike las op die middelklas, wat uiteindelik die hart van ons ekonomie is.

Vir ondernemings – veral kleinsakeondernemings, kan hierdie tariefverhogings rampspoedig wees. As elektrisiteitskostes die hoogte in skiet, word winsgrense gesny, wat noodwendig tot werksverliese sal lei. Ons steierende ekonomie kan eenvoudig nie meer werkloosheid bekostig nie.

Eskom se tariefverhogings hou geen voordeel vir die gewone verbruiker in nie.

Die regering en relevante owerhede moet dringend ingryp om verbruikers teen hierdie onrealistiese eise te beskerm en verseker dat verantwoordelike bestuur boaan die prioriteitslys kom.

You need to be Logged In to leave a comment.