Tronkbewaarders het verlede Dinsdagmiddag omtrent hul hande vol gehad toe ’n bus met 51 gevangenes teen ’n Ford Fiesta naby die Daljosafat-verkeersentrum in Groenheuwel gebots het.
Volgens ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse gevangenisdienste, Candice van Rooyen, het die bus gevangenes van die Boland-stadion in Wellington vervoer.
“Die gevangenes het aan ’n streeks-rugbytoernooi, vir manlike en vroulike gevangenes, deelgeneem en bygewoon.”
Nooddienswerkers wat om 15:30 op die toneel gereageer het, het aan Paarl Post verduidelik dat die gevangenes met hul aankoms reeds met alternatiewe vervoer van die toneel weggeneem is.
“Dit was ’n botsing waarin die bus die sy van die Ford Fiesta by ’n verkeerslig getref het. Die Fiesta het slegs een insittende gehad wat vir ligte beserings op die toneel behandel is. Die pasiënt is met private nooddienste hospitaal toe geneem.”
Dit is nie bekend van watter gevangenis die insittendes van die bus was nie.
Nie een van hulle het ontsnap nie.
Van Rooyen het Paarl Post vertel dat al die gevangenes en bewaarders veilig by hul bestemming, sonder enige beserings, aangekom het.
“Die busbestuurder het wel taamlike skok in die voorval opgedoen en is na vlugtige behandeling in ’n hospitaal weer ontslaan.”. A bus transporting 51 prisoners collided with a Ford Fiesta last Tuesday afternoon near the traffic center in Groenheuwel, Paarl-East.“By the time we had reached the scene, the prisoners had already been alternatively transported to their destination.”
No further injuries were reported on the scene and not one of the prisoners escaped.


