Newtown PS gee uitblinkers erkenning

Newtown Primêre Skool het onlangs oor twee aande erkenning gegee aan leerders wat op akademiese, sport- en kulturele gebied skoonskip gemaak het.


Newtown Primêre Skool het onlangs oor twee aande erkenning gegee aan leerders wat op akademiese, sport- en kulturele gebied skoonskip gemaak het.

Wat dié jaar se prysuitdeling ietwat besonder gemaak het, was die koor­uitvoering van die eerste skoolkoor die afgelope dekade.

“Mag dié plegtigheid julle altyd bybly en die begin wees van vele sukses­se in jul lewe,” was die boodskap van die trotse skoolhoof, Lindley Truter, wat die skool al 13 jaar tot hoër hoogtes lei.

Die emosionele prysuitdeling was ’n bewys van nie net leerders en opvoeders se harde werk die afgelope jaar nie, maar ook ’n produk van verskeie vennootskappe. Hulle is Help2Read, wat reeds sy merk by plaaslike skole gemaak het om veral leesprobleme met wortel en tak uit te roei, finalejaarstudente verbonde aan KSUT wat belowende wiskunde en addisioneletaalleerders verder ontwikkel, en die plaaslike verkeersdepartement wat by die skolierepatrollie betrokke is.

Die skool brei volgende jaar se kurrikulum uit met Engels as die onderrigmedium by slegs graad 1.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.