Ondersteun plaaslike ondernemings en kom maak op 27 Mei om 08:30 nuwe kontakte by die Nederburg-wynlandgoed.
Hierdie is ’n ideale geleentheid om nuwe en gevestigde sake-eienaars in die vallei te ontmoet en dan idees te ruil en nuwe produkte en geleenthede te bespreek. Almal is welkom – ook nie-lede van die Drakenstein-sakekamer wat graag wil inskakel. Bring jou kaartjie saam.
RSVP by Francis Nieuwhoudt by 071 346 6512.

