As Suid-Afrika se topverkoper-kultivar wat die landsvlag in uitvoermarkte oor die wêreld heen hoog laat wapper, verwag wynliefhebbers net die beste wanneer dit by ’n glas Suid-Afrikaanse sauvignon blanc kom. Vanjaar se beoordelaars van die 2022-FNB- Sauvignon blanc SA Top-10-kompetisie was dit eens: SA sauvignon blanc het dit alles en nog wat. Vanjaar se beoordelaarspaneel van die FNB- Sauvignon blanc SA Top-10-kompetisie op Uitkyk: Van links is die protégé-beoordelaar Mahalia Kotjane (assistentwynmaker van Lievland), Johann Fourie (hoofwynmaker van Benguela Cove), dr. Winifred Bowman (Kaapse wynmeester en sameroeper van die paneel), RJ Botha (voorsitter van Sauvignon Blanc SA, Morgan Steyn van De Grendel (wynmaker), Inge Smit van EVER Solutions, die wynbeoordelaar en -skrywer Fiona McDonald, Arno Cloete van FNB Landbou en die Kaapse wynmeester René Groenewald.


Net die beste

You need to be Logged In to leave a comment.