Paarl Post van 29 Junie verwys – Nagskuiling.

Ek is een van vele wat erg kritiek lewer oor sypaadjie-slapers wat ons dorp bemors en besighede kniehalter.

Maar ek bieg dat ek ook niks doen om die probleem te help oplos nie.

Miskien omdat ek my troos daarin vind dat ek belasting betaal vir iemand anders om daarna om te sien. Maar dit alleen laat nie die probleem weggaan of makliker nie.

Hiermee spreek ek ’n groot dankie uit aan Drakenstein-munisipaliteit in samewerking met Ulrich Lottering en almal wat hand bysit om ’n verskil te probeer maak. Hulle betaal ook belasting, maar hulle loop die ekstra myl, wat ek nie doen nie.


Willem Botha,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article