Naelskraap oorwinning vir Swartland by interskole-stryd op Wellington

Hugenote Hoërskool van Wellington het die naweek op tuisbodem met sy opponente van die Hoërskool Swartland op Malmesbury kragte gemeet in hul jaarlikse interskole-stryd. Die hoofwedstryd tussen die o.19A rugbyspanne het vir naelbyt-aksie gesorg en ho


Hugenote Hoërskool van Wellington het die naweek op tuisbodem met sy opponente van die Hoërskool Swartland op Malmesbury kragte gemeet in hul jaarlikse interskole-stryd. Die hoofwedstryd tussen die o.19A rugbyspanne het vir naelbyt-aksie gesorg en hoewel die telling deurentyd byna gelyk was, het Swartland in die laaste tien minute sy kanse benut om Hugenote 33-24 te klop.

Swartland het ook ’n opskudding in die o.18A-netbalwedstryd veroorsaak toe hulle Hugenote ’n loesing van 46-12 toegedien het. Die eerste meisieshokkiespan het die wa deur die drif getrek om hul wedstryd 1-0 te wen terwyl die seunshokkiespan sy wedstryd 0-2 verloor het. Ander tellings was as volg (Hugenote se telling eerste):

  • Netbal

14D: 12-2; 14C: 16-13; 14B: 20-16; 14A: 18-12; 15D: 18-13; 15C: 26-2; 15B: 24-12; 15A: 22-12; 16D: 2-25; 16C: 19-14; 16B: 18-10; 16A: 20-26; 17C: 15-13; 17B: 14-13; 17A: 14-21; 18C: 6-28 en 18B: 10-34.

  • Meisieshokkie

14A:1-0; 16C: 0-0; 16B: 2-0 en 18B:1-0.

  • Seunshokkie

14A: 0-0; 16B: 3-0; 16A: 0-2; 19B: 1-0; 19A: 0-2

  • Rugby: 14A: 22-24; 15B: 17-7; 15A: 21-12; 16B: 31-13; 16A: 8-6; 19C: 7-14 en 19B: 10-3.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.