Andy Watts, ’n internasionaal bekroonde meester-distilleerder van whisky en van die James Sedgwick-distilleerdery in Wellington, sal by die volgende aanbieding van die gesprekreeks “Dis my ding, Wellington” oor sy loopbaan gesels. Dié aanbieding word Dinsdag 30 Julie 2024 om 18:30 by die Breytenbachsentrum in Wellington aangebied. Die joernalis Engela Duvenage sal die gesprek lei. Dié distilleerdery is enig in sy soort in Afrika en het oor die jare reeds talle internasionale toekennings vir sy Three Ships- en Bain’s-reekse gewen. Vanjaar het die distilleerdery twee World Best-trofeë by die World Whisky-prysuitdeling gewen. Die gesprekreeks “Dis my ding, Wellington” plaas die kollig op Wellingtonners se passies en projekte. Toegang is gratis. Skenkings ten bate van die Breytenbachsentrum se bedrywighede is welkom. Kontak Jeanine du Frene by 061 156 5386 vir besprekings.