Die Boland Media-groep, wat geliefde plaaslike koerante soos Paarl Post, Eikestadnuus,Weslander en Standard Breedeivier Gazette insluit, is nou amptelik deur Media24 aan Novus Holdings verkoop.
Hierdie besluit kom weens Media24 wat voortaan slegs gaan fokus op sy digitale entiteite en die meeste van sy gedrukte koerante sluit.
Hierdie transaksie beteken egter ’n vars begin vir Paarl Post, een van die oudste publikasies in die land, met belowende groei op sowel ons druk- as digitale platforms. Met hierdie verandering word daar verseker dat plaaslike nuus ononderbroke voortgaan, met dieselfde toewyding aan uitnemende verslaggewing.
Novus Holdings, as een van Afrika se grootste drukkers, verbind hulle tot die ondersteuning van gemeenskapskoerante en die versterking van hul rol in plaaslike samelewings.
Hierdie nuwe era vir Paarl Post en sy susterkoerante bied die geleentheid om sowel druk- as digitale platforms te versterk.
Gemeenskapskoerante speel steeds ’n uiters belangrike rol in gemeenskappe deur verslag te doen oor alle plaaslike gebeurtenisse.
Met hierdie visie sal ons voortgaan om die stem van gemeenskappe te wees – nou sterker as ooit tevore.
Vir lesers en adverteerders van Paarl Post beteken hierdie ontwikkeling groter geleenthede, verbeterde kwaliteit en ’n sterker digitale teenwoordigheid.
Paarl Post is gereed om van krag tot krag te gaan.