Die talentvolle Paarlse musiekkunstenaar Carl Hendriks tree op 30 Maart in die Paarl-stadsaal op.
Carl se musiekproduksie, The Unveiling of Carl.H, stel terselfdertyd ook sy pragtige enkelsnit “I am here” bekend.
Hierdie betowerende lied vertel nie net sy eie verhaal nie, maar dien ook as ’n inspirasie vir ander.
Die enkelsnit is reeds te hoor op verskeie musiekplatvorms soos Youtube, iTunes, Apple Play en Spotify.
Carl is in 1996 in die Paarl gebore en het in Lantana grootgeword.
Op die verhoog staan hy net as Carl.H bekend.
Hy het reeds verhoë gedeel met bekende kunstenaars soos Karin Kortje, Nur Abrahams, Ramaine Barreiro-Lloyd, Cheswyn Ruiters, Chelsea Vox, Richard Ceaser, Alistair Izobell, Loren Erasmus, Elwira Standili, AJ & LK, Dylan Sass, Mujahid George, The Rockets, Don Vino en Loukmaan Adams.
Hy het ook op verskeie ander platforms verskyn, soos die Expresso Morning Show, Vuyo Shobuda International Talk Show en Paarl FM.
The Unveiling of Carl.H en die enkelsnit “I am here” beloof nie net musikale vreugde nie, maar ook ’n dieper insig in Carl se lewe en sy passie vir musiek.
Kaartjies kos R180.
. Kontak Carl by 072 733 3018 of carlhmusic12@gmail.com vir besprekings en meer besonderhede.


