Kom geniet ‘n onvergeetlike musiekaand op 10 April in die wêreldberoemde KWV-katedraalkelder in die Paarl met ‘n besonderse lys gaskunstenaars: Niël Rademan (bariton), Janel Speelman (sopraan), Elna van der Merwe (klavier) en Veronica Bell (viool).
Konsertgangers kan uitsien na ‘n aand vol hoogtepunte uit klassieke musiekspele soos Les Misérables, Chess, Phantom of the Opera, Fiddler on the Roof, Sound of Music, West Side Story en vele meer.
Verder word luister aan die aand verleen met ‘n spesiale kulinêre ervaring onder leiding van Mynhardt Joubert, die bekende sjef van Kokkedoor-faam en wynambassadeur van KWV-katedraalkelder.
Gaste sal ontvang word met vonkelwyn, terwyl ‘n heerlike “harvest table” in die pouse voorgesit sal word.
KWV bied ook ‘n verskeidenheid wyne aan, wat die geleentheid sal komplementeer.
Meer inligting:
- Kaartjies vir hierdie besonderse geleentheid is beperk tot 150 plekke en kos R400 per persoon. Die prys sluit verversings en wyn in.
- Datum: Donderdag, 10 April
- Tyd: 18:30 vir 19:00
- Plek: KWV-katedraalkelder, Kohlerstraat, Suider-Paarl
- Vir kaartjiebesprekings en meer inligting, kontak asseblief Rusoord Tehuis vir Bejaardes.
Ondersteun hierdie verdienstelike saak terwyl jy ‘n onvergeetlike aand se musiek en fynproewery geniet.
Bespreek jou kaartjies vroegtydig om teleurstelling te voorkom.