. André-Michael doen weer sy baie gewilde vertoning Tribute to Leonard Cohen op 18 Augustus by die Bôrdienghuis-teater in Wellington. Sy vertolking van die liedjies van die formidabele sanger en digter Leonard Cohen lê hom na aan die hart en is een van sy gewildste vertonings. “Leonard Cohen se liedjies is diep en het krag. Dis sielsmusiek,” sê hy.
André-Michael fokus hoofsaaklik op Cohen se vroeëre komposisies soos “Suzanne”, “So long Marianne”, “Chelsea Hotel” en “Dance me to the end of love”. Gedurende die vertoning lees hy ook van Cohen se gedigte voor en gee die gehoor ’n groter insig in die lewe van Leonard Cohen. Kom geniet hierdie aand van musiek en digkuns – met André-Michael se diep en warm stem, wat uitstekend gepas is vir die vertolking van die legendariese Leonard Cohen se musiek. Kaartjies kos R120 per persoon
. Godfrey Johnson will be performing at Die Bôrdienghuis Theatre in Wellington on 19 August. Come and enjoy an evening of intimate entertainment as he takes you on a musical journey exploring the magical world of Jacques Brel, Leonard Cohen, and many more. The show will also include hilarious new songs by Johnson.
Johnson was most recently seen in his one-person show, Vaslav, as well as The good news Cabaret with Roland Perold and Bambi sings the FAK songs with Pieter-Dirk Uys.
He has performed at The Jermyn Street Theatre in London, Nuwe de la mar Teater in Amsterdam and at every major theatre in South Africa.
Johnson has been nominated for seven Fleur du Cap Theatre Awards for his work as an actor, composer and musical theatre performer. He won this award for his work in Kissed by Brel.
The show promises to be a truly memorable evening of poetry, music and laughter.
Tickets cost R120 per persoon.
. Dewald Dippenaar, ’n musikant en knap liedjieskrywer in Afrikaans en Engels, sal die Bôrdienghuis-gehoor op 26 Augustus vermaak. Hy bekoor Suid-Afrikaanse gehore al vir meer as 20 jaar met sy veelsydige stem en virtuose kitaarspel tydens sy optredes, en is ook ’n kranige mondfluitjiespeler.
Dewald het sy buiging op televisie in 2005 op die program Dis Hoe Dit Is Met Steve op M-Net gemaak. Sy goue debuutalbum is in 2007 deur die platemaatskappy Select Musiek vrygestel en het twee nommer-een-treffers opgelewer, naamlik “Wys jou muis” en “Plaasdorp”.
Sy debuutalbum is in 2010 opgevolg met die ewe suksesvolle Bel die Polisie! Die titelsnit asook die liedjie “Gaan Bos” het nommer een op verskeie Afrikaanse trefferparades bereik en is ook as die beste Afrikaanse dansalbum by die 2011-Huisgenoot-Tempo-musiektoekennings benoem.
Van die album se snitte is ook te hoor op die klankbaan van die gewilde fliek Die storie van Susanna van Biljon met Karin Zoid in die hoofrol.
Dewald se derde album, Een uit ’n miljoen, is in 2015 vrygestel en is vir die beste Afrikaanse dansalbum by die 2016-Ghoema- Afrikaanse musiektoekennings benoem.
Die treffers “Jy’s ’n uitklophou” en “Kom ons vier die lewe” is by sy lys nommer-een-treffers gevoeg en is ook te hoor in die roerende Afrikaanse fliek Treurgrond met Steve Hofmeyr in die hoofrol.
. Vertonings begin om 19:00. Die deure wat open om 17:00 vir oondgebakte pizza en drankverkope. Besprekings vir al die vertonings kan by Jeannine by tel 061 156 5386 gedoen word.