Op 24 September, wat ook as Erfenisdag of braaidag bekend staan, word die lewe van Andrew Murray by die Wellington-museum gevier.
Die Murray-familie het in 1822 in Suid-Afrika aangekom en hierdie jaar word hul 200 ste bestaansjaar saam met die inwoners gevier. Wellington is sinoniem met die Murray-familie en daarom gaan Heri-trav twee boeke oor sekere lede van dié gesin bekend stel.
’n Oggend wat eer gee aan ryk geskiedenis en verversings is die perfekte manier om ontasbare-erfenis op Erfenisdag te vier. Feesgangers sal ook die geleentheid hê om meer oor die Murray-familie te leer deur onder meer uitstallings oor die gesin.
Die publiek sal kan luister na voorlesings uit boeke, soos Briewe aan sy kinders, God se gestuurdes en Hugenote aan die Kaap. Sewe Penne, ’n digbundel oor Wellington, met die gedigte van die wenners van die eerste Wellington-poësiekompetisie 2021, sal ook beskikbaar wees. Die toegangsfooi is R80 per persoon en dit sluit verversings in.

