In verband met J. de Lange se brief in verlede week se Paarl Post – baie dankie; ek is so bly iemand takel die munisipaliteit.
Meer mense moet begin opstaan teen hulle.
Net die basies op my kragrekening elke maand is byna R700 voordat ek een sent betaal vir krag.
Mnr. De Lange, u is reg, ek het self al gesien hoe lekker gaan dit in die vaal gebou toe ek iemand daar geken het.
Die munisipaliteit is besig om dinge vir ons arm, middelklas- en afgetrede mense baie moeilik te maak.
Om hier te woon, raak al hoe duurder elke jaar.
As’t ware is die munisipaliteit se stygings jaarliks baie hoër as inflasie. En ons salarisse in die geheel verhoog ook nie naastenby saam met hierdie munisipale stygings nie.
Ek is baie bly oor mnr. De Lange se brief. Meer mense moet opstaan teen die munisipaliteit. Baie bly vir u brief.

