Thoscio Macnico Alexander. Inlas: Die toneel waar die vierjarige gesterf het.


’n Vierjarige seuntjie van die Paarl het vanoggend (29 November) tragies gesterf toe hy deur ’n vragmotor omgery is.

Die insident het afgespeel op die hoek van Monica- en Blue Moonstraat in Smartie Town.

Ten tyde van die voorval het Thoscio Macnico Alexander saam met maatjies langs die pad gestap toe hy na bewering deur die vragmotor, wat glo aan die Drakenstein-munisipaliteit behoort, getref is. Volgens inligting het die voor- en agterwiel van die vragmotor oor die seuntjie gery.

Dis ’n brekende-nuus-storie hierdie. Dit sal volledig in Donderdag se Paarl Post gepubliseer word.

You need to be Logged In to leave a comment.