Die munisipale regulasies oor sonkragstelsels is pateties. Dit is weer eens ’n bewys dat daar een stel reëls slegs vir ’n sekere gedeelte van die dorp is en eintlik geen reëls vir ’n ander gedeelte van die dorp nie.
Gaan kyk maar net in party buurte hoe by huise aangebou word – self opgebou word sonder enige munisipale goedkeuring. Om nie eens te praat van al die “spaghetti-bedrading” waarmee krag gesteel word nie.
Vrydag was weer ’n nare herinnering aan beurtkrag en sy gevolge. Ons moet self sien en kom klaar en ons eie krag opwek, dus is sonkrag se streng en baie duur regulasies onvanpas.
Sekerlik is dit die huiseienaar se eie risiko – indien ’n probleem ontstaan, is dit sekerlik ’n stryd tussen die huiseienaar en sy/haar versekering.
Nee wat, Drakenstein, julle kan my maar beboet, maar verder betaal gaan ek eenvoudig nie.