Een van die voertuie betrokke in die fatale ongeluk op die R44. Foto: One Way Towing

Porterville – Een persoon het Vrydagmiddag (10 Oktober) tragies gesterf in ‘n motorongeluk op die R44 naby Porterville.

Kapt Tanya Helfrich, woordvoerder vir die Weskus polisiedistrikkantoor, het die hartseer insident bevestig.

“Daar is net een vrou wat dood is in die ongeluk. Daar word vermoed dat sy beheer verloor het oor die voertuig. Sy is dood verklaar op die toneel.”

Volgens One Way-insleepdienste het die oorledene na bewering ‘n hartaanval gekry wat gemaak het dat sy beheer oor die voertuig verloor wat tot die ongeluk gelei het. Daar was nog voertuie betrokke in die ongeluk.

Die identiteit van die oorledene is op die stadium nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

You need to be Logged In to leave a comment.