Moet nie Mis misloop nie

Stercus Produksies het die regte bekom om Reza de Wet se drama Mis vir hoërskole in die Wes-Kaap op te voer.


Stercus Produksies het die regte bekom om Reza de Wet se drama Mis vir hoërskole in die Wes-Kaap op te voer.

Die drama is een van die Graad 12’s se voorgeskrewe werke.

In die drama bekyk die skrywer die temas van onderdrukking en bevryding in die lewe van ’n Suid-Afrikaanse gesin ná die depressie-tydvak, met ’n pa wat in die dak toevlug geneem het nadat hy alles verloor het.

Die temas word op die spits gedryf deur die koms van ’n blinde konstabel. Soos die gegewens bevestig het dié toneelstuk gewis nie ’n tekort aan donker humor nie.

Die produksie se rolverdeling bestaan uit die bekende Esther von Waltsleben, Wilhelm van die Walt, wat onlangs in die sepie 7de Laan te sien was, die Kanna-pryswenner Karli Heine en Petro van den Heever.

Die regie is deur Gaerin Hauptfleisch.

Die produksie poog om die temas van die drama te belig sodat dit leerders se ervaring van die drama ondersteun en dit die bestudering van die werk vergemaklik.

Die vertonings word 18 en 19 Julie om 9:30, 12:00 en 15:30 by die Bellville-stadskouburg opgevoer.

Kaartjies kos R65 en besprekings is noodsaaklik.

Skakel Stephanie by 083 670 5006, of stuur ’n e-pos na stephanie@stercus .co.za om kaartjies te bespreek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.