Kritiek word te gereeld teen die Drakenstein-munisipaliteit uitgespreek en hy kry nie genoeg kloppe op die skouer nie – hulle lewer wel uitstekende werk.

Ek het verlede week die eerste keer my digitale onvernuf in my sak gesteek en in plaas van soos altyd by die Dal-toetssentrum in ’n ry te gaan staan om my motorlisensie te hernu, het ek dit op die Drakenstein-munisipaliteit se webtuiste gaan doen.

Ek het die aansoek die Dinsdag aangestuur en twee werksdae later het ’n baie vriendelike mev. Debmarie Liedeman my gekontak met die goeie nuus dat my motorlisensie gereed is om afgehaal te word.

Baie dankie – hierdie het my lewe sommer baie makliker gemaak en my hart ook verryk om sulke uitstekende diens te ontvang!


L.B.,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article