Bederf ma met bobotie op Moedersdag. Foto: Verskaf


 Jou ma is ‘n versorger, ‘n beskermer en ‘n beskermengel vir baie. Haar dapperheid, warmte en sagmoedige
geaardheid behoort gevier te word en Nederburg kan jou help om Moedersdag (11
Mei) spesiaal vir haar te maak. 

 Bederf haar met ‘n eg
Suid-Afriaanse gereg, bobotie, wat heerlik afgerond word met Nederburg se The
Beautiful Lady Gewürztraminer 2019. Dié kombinasie is ‘n gunsteling van die
wynmaker Zinaschke Steyn en volgens haar is dit prsies wat sy vir haar ma vir
Moedersdag gaan maak as die grendeltyd verby is.

Nederburg wynmaker Zinashke Steyn.

Nederburg wynmaker Zinashke Steyn.

Sy moedig ook ander aan, wat
nié die tyd by hul moeders kan wees nie, om ná die inperking hul ma’s met
bobotie en Nederburg se The Beautiful Lady Gewürztraminer 2019 te bederf. 

 “Ek sal my hart en siel
insit om vir my ma tradisionele bobotie te maak en ek kan nie wag dat sy die
liefde in dié tuisgemaakte gereg proe nie. Bobotie is deel van ons erfenis en
die smaak herinner my aan my grootwordjare.

Verder is bobotie trooskos wat my
aan my ma herinner en hoe sy my altyd laat voel het. Die stappe wat jy moet
volg om die gereg te maak, laat my dink aan dit wat my ma my deur die jare
geleer het: Harde werk word beloon. 

 “’n Glas Beautiful Lady
gaan heerlik saam met die ryk en geurige Kaaps-Maleise gereg aangesien altwee
geurig is met ‘n soet ondertoon. Die kersie op die koek is dat Beautiful Lady
ook my ma se gunstelingwyn is,” verduidelik Zinaschke.

 Die Beautiful Lady kry sy
naam van die eienskappe van Ilse Graue, die vrou van Johann Graue, a Duitse
immigrant wat Nederburg in 1937 gekoop en en wat bekend is vir sy vernuwe
benadering in die wynbedryf. Sy het met haar elegante styl dié atmosfeer in
Nederburg kom vestig.

As ‘n behepte en besorgde ma vir hul enigste seun,
Arnold, was sy ook ‘n lojale vrou wat Johan gehelp het om in die beginjare sy
wyn te etiketteer en te bemark.

Sy het ook gewoonlik saam met hom gegaan om
die, tóé onbekende wyne, aan hotelle in Kaapstad te verkoop. Met die tragiese
dood van hul seun in 1953 het die legandariese Günter Brözel van Duitsland
afgekom om Arnold as wynmaker te kom vervang. Dit was ook hy wat Ilse as “a
great
and beautiful lady” beskryf het.

 Dié elegante
Gewürztraminer, met sy subtiele soet ondertoon, is die geskikte
aptytwekker  en ‘n heerlike pasmaat vir geurige geregte met kerries en is
ook ideaal vir Indiese en Thai-geregte wat met botter of kokosmelk gemaak is of
selfs met Kantonnese en Schezhuan-seekos- en pluimveegeregte. Of soos Zinascke
voorgestel het – die wyn is heerlik saam met tradisionele bobotie. 

 Klassieke Suid-Afrikaanse
bobotie, saam Nederburg se The Beautiful Lady  
Gewürztraminer

Genoeg vir 4 tot 6 mense

 Bestanddele

1 sny witbrood

250 ml melk

2 e. olyfolie

2 klein uie, opgekap

2 wortels, opgekap

1 groen soetrissie,
opgekap

2 e. knoffel- en
gemmersmeer

½ t. sout

1 e. suiker

1 t. borrie

1 e. kerriepoeier
(medium)

1 e. garam masala

500 g maalvleis

1 e. tamatiesmeer

2 e. appelkoosblatjang

1 e. witasyn

60 ml rosyntjies
(opsioneel)

2 eiers

3 loerierblare

Rys en blatjang as bykosse 

  Metode

 

1.      Voorverhit
oond tot 180 °C en vat ‘n sluk van Nederburg se The Beautiful Lady.

2.      Week
die brood in melk.

3.      Braai
die uie in ‘n bietjie olie tot deurskynend.

4.      Voeg
die wortels, soetrissie, knoffel- en gemmersmeer, sout, suiker en al die ander
speserye by en braai vir twee minute.

5.      Voeg
die maalvleis by en braai tot bruin. Maak weer jou lippe nat met The Beautiful
Lady.

6.      Druk
die oortollige melk uit die brood (hou die oorblywende melk eenkant om later
gebruik te word).

7.      Breek
die brood en voeg dit by die maalvleismengsel tesame met die tamatiesmeer,
blatjang, asyn en rosyntjies.

8.      Prut
vir 15 minute.

9.      Haal
van die stoof af en plaas die maalvleismengesel in ‘n gesmeerde oondvaste
skottel.

10.  Klits
die eiers saam met die oorblywende melk en gooi oor maalvleismengsel. Neem die
laaste slukkie van jou wyn en vul jou glas op.  

11.  Garneer
met lourierblare en bak in die oond vir ongeveer 35 minutes, tot die bolaag
mooi bruin is.

12.  Bedien
met rys en blatjang – en natuurlik The Beautiful Lady!

 

  • Nederburg bied ‘n 20%-afslag op al sy wyne aan as jy

    aanlyn bestel. Onder dié wyne is die Heritage Heroes-versameling waarvan

    The Beautiful Lady deel daarvan vorm. ‘n Afleweringsfooi van R95 is van

    toepassing. Aflewerings sal slegs geskied wanneer Nederburg weer wettiglik

    aflewerings kan doen. Die Nederburg-span sal sy kliënte op hoogte van sake

    hou. Dié spesiale aanbieding eindig 15 May 2020. Terme en voorwaardes

    geld.  

 

You need to be Logged In to leave a comment.