Boland se Derik du Preez op volle vaart in die Hoër Landbouskole Boland en Oakdale se interskole-kragmeting in sopnat toestande Saterdag op die rugbyveld op die Plaas in Agter-Paarl. Die spelers was vol modder, maar dit het hulle nie teruggehou nie. Boland het ná ’n baie taai stryd met 13-21 teen die manne van Riversdal vasgeval. Foto: Alke-Merique Fotografie