Die kroning van Mnr. en Mej. Hugenote was vanjaar weer eens ’n glansgeleentheid wat vermaak uit die boonste rakke gebied het. Vaughn Else en Jané de Waal is gekroon as Mnr. en Mej. Hugenote. Die gaskunstenaar en seremoniemeester, die befaamde Jonathan Roxmouth, het met sy uitstekende sang en klavierspel die gehoor in die palm van sy hand gehad en saam met die deelnemers gesorg vir ’n spog-aand. Op die foto van links is dr. Van Zyl Venter (beoordelaar), Xavier Gertse (1ste prins), Hazel Marais (1ste prinses), Wendy Nel (beoordelaar), Vaughn Else en Jané de Waal (Mnr. & Mej. Hugenote), Jaomi Zeeman (beoordelaar), Linri Elias (2de prinses), Muta Malango (2de prins) en Rocco van Rooyen (beoordelaar).