Die misdaadskrywer Rudie van Rensburg (middel) het onlangs die Breytenbach-sentrum-boekklub in Wellington besoek om sy nuwe boek, Doolhof, bekend te stel. Van Rensburg het onder meer verklap dat ’n rolprent oor die eerste van sy gewilde komiese Herklaas-boeke volgende jaar te sien sal wees. Hy was met Daniël Lötter (links) in gesprek. Lambert Jacobs was onder die teenwoordiges. Die volgende byeenkoms van die Breytenbach-sentrum-boekklub vind op 25 Januarie 2023 plaas. Foto: Engela Duvenage


Misdaadskrywer kuier in Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.