Beamptes van Drakenstein tronk moes onlangs klopjagte uitvoer om te soek vir onwettige dwelms, gevaarlike voorwerpe en selfone.


Misdaad en misdadigers slaap nooit nie en hulle vat nooit af nie. Dis weereens bewys toe beamptes van die Drakenstein-tronk buite die Paarl oor die feestyd klopjagte moes uitvoer in die maksimum-sekerheids-afdeling om te soek vir onwettige selfone, gevaarlike voorwerpe en dwelms.

Makgothi Thobakgale, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste sê soos misdaad in die land styg so styg kriminele aktiwiteite en misdaad in die tronke ook.

Volgens Thobakgale byt sekere gevangenis die situasie uit waarin die tronk tans is omdat daar juis ’n tekort aan personeel is.

“Ons het ’n klopjag uitgevoer wat nie vooraf aangekondig is nie,” sê Thobakgale.

Nie net word daar ’n oog op die gevangenis gehou nie maar ook op die bewaarders wie soms volgens Thobakgale selfone, dwelms en geld insmokkel vir van die misdadigers.

You need to be Logged In to leave a comment.