Van die duisende stuks perlemoen wat in Noorder-Paarl gevind is.


’n Reuse vonds perlemoen ter waarde van meer as R4 miljoen is gemaak by ’n woning in Noorder-Paarl. 

Paarl polisie is Dinsdag in kennis gestel van verdagte bedrywighede in die stil buurt van St Francislaan. Verdere ondersoek is ingestel en die verdagte inwoners van die huis hier is in die omgewing gesien ry.

Volgens polisiewoodvoerder Kapt. Louise du Plessis, toe die verdagtes die polisie oplet het hulle hul motor stilgehou en te voet probeer vlug, maar die polisie kon daarin slaag om hulle aan te keer. 

Verdere ondersoek het gelei tot ’n woning in die omgewing wat vermoedelik as ’n verwerkingsfabriek gebruik is. Daar is beslag gelê op 40 swartsakke vol vars perlemoen. 

’n Zimbabwiese en Chinese burger is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Paarl-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort. Die waarde van die perlemoen word geskat op ongeveer R4 120 000. 

You need to be Logged In to leave a comment.