Die Hoër Meisieskool La Rochelle se koorsang was weer eens uit die boonste rakke in die ATKV-Applous-eindronde. Hulle het ’n prys gewen vir die beste vertolking van ’n Afrikaanse werk – beste vertolking van die voorgeskrewe werk. Hulle was ook die kategorie-merietewenner in die klas vir hoërskoolmeisies. Die dirigent is Johannes Schickerling en Madri Gerber doen die begeleiding.