Wat betref die beweerde wangedrag van die stadsbestuurder, dr. Johan Leibbrandt, is my mening as inwoner en belastingbetaler dat hy nie billike behandeling van die media in hierdie onverkwiklike kwessie ontvang nie.
Aan die hand van briewe van kritiek wat deur belastingbetalers teenoor Gerald Esau, as uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, in u koerant uitgespreek is, kan ’n mens ongelukkig nie anders as om af te lei dat die optrede teen Max-lin Jones, Leibbrandt en nog ’n “mede-konkelaar” geregverdig is nie.
Rapport moes ook regstel dat hulle ’n belangrike paragraaf in hul berig weggelaat het, naamlik dat die uitvoerende burgemeester in sy verslag bevind het dat die klagtes oor Leibbrandt geen substansie het nie.
Drakenstein vaar relatief goed teenoor ander munisipaliteite in Suid-Afrika onder die bekwame bestuursleiding van dr. Leibbrandt.

