Drie leerders van Laerskool Hugo Rust, Lienke Heath, Rikus Roos en Lené Lochner, het onlangs aan die nasionale onderwaterhokkie-kampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem. Die o.13-meisiespan waarvan Lienke en Lené deel was, het ’n silwer medalje gewen terwyl die o.13-seunspan waarvan Rikus deel was, met ’n goue medalje weggestap het.