Hierdie artistieke gimnaste van Wynland Gimnastiek in die Paarl het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskap en verskeie goue, silwer- en bronsmedaljes verwerf. Hulle is voor van links: Aimee Jordaan (vlak 5) en Zahn Hugo (vlak 6). Middel: Regardt Hoffmeyr (vlak 5), Elba Robbetse (vlak 5), Gisela Crous (vlak 6), Carli Marx (vlak 7), Jessica Cubitt (vlak 4), Katherine de Swardt (vlak 6) en Robert du Toit (vlak 5). Agter: Jana van Staden (vlak 9), Megan Zaayman (vlak 6), Liani Moolman (vlak 5), Shannon Meiring (vlak 5), Caitlin Lewis (vlak 8), Lily Grace Victor (vlak 5) en Zelri Marx (vlak 5).