McDonald’s Suid-Afrika en sy verskaffers het hul toewyding tot deursigtigheid vandeesweek beklemtoon, gemik op die opvoeding van klante oor die gehalte en volhoubare verkryging van die kos wat hy verkoop.
Die hedendaagse klant is toenemend geïnteresseerd in waar sy kos vandaan kom, wat daarin is en hoe dit voorberei word.
Hierdie vrae word maklik beantwoord wanneer die kos tuis voorberei word, maar dit is feitlik onmoontlik wanneer dit nie die geval is nie.
Kosbewustheid bly ’n invloedryke faktor in die mark se volwassenheid onder klante wat verskuif het van die narratief van esteties aangename kos na ’n meer verantwoordelike verbruikersuitkyk.
Hierdie neiging, wat aanleiding gegee het tot ’n verhoogde individuele verantwoordelikheids-gevoel oor die oorsprong van kos, beteken dat klante nou meer omgee oor die waardeketting wat in hul maaltye ingaan. Faktore soos volhoubaarheid, verkryging, boerderytegnieke, verpakking en die werklike aard van die bestanddele bly toenemend belangrik en beïnvloed waar klante hul etes koop.
“Ons is bewus van ons klante se behoeftes. Ons klante is toenemend kieskeurig oor die kos wat hulle eet. Hulle wil deursigtigheid en meer inligting hê om ingeligte koskeuses te maak. Deur ‘Ken ons kos’ hoop ons om ons trots in die kos wat ons aan hulle voorsit, te demonstreer,” sê Daniel Padiachy, bemarkingshoof by McDonald’s Suid-Afrika.
“Ons grootste voorkeur is om klante smaaklike, gehalte-kos te bedien. Ons glo daarin om kos te voorsien op ’n manier wat gehalte-bestanddele ondersteun, sowel as die verkryging van beesvleis, hoender en vars produkte van boere wat dieselfde waardes as ons deel,” gaan Padiachy voort.
McDonald’s verkry van, belê in en werk saam met vennote en verskaffers wat by hierdie waardes aansluit, terwyl dit projekte en inisiatiewe ondersteun wat ontwerp is om ’n florerende, veerkragtige voedselsisteem te help bou.
Hier is net ’n paar van McDonald’s se verskaffer-vennootskappe:
. Ons beesvleis word verkry van beesboere in Suid-Afrika, soos die Fouries, wat toegewyd is aan etiese en volhoubare boerderypraktyke.
.Die Rametses is een van die voedende hoenderboere wat hoëgehalte-hoender vir die geliefde McDonald’s hoendermaaltye voorsien.
. Ons neem ons koffie ernstig op – van waar ons dit verkry tot hoe ons dit brou. Daarom gebruik elke vars gemaalde McCafé®-koffie 100% verantwoordelik verkrygde Arabica bone wat op Rainforest Alliance Certified™-plase verbou word.
“ ‘Ken ons kos’ verteenwoordig ons voortdurende verbintenis tot deursigtigheid en klante-tevredenheid, ons wil hê ons klante moet vol vertroue wees oor die koskeuses wat hulle by McDonald’s maak, wetende dat ons gehalte, voedselveiligheid, deursigtigheid en verantwoordelike verkryging prioritiseer,” sluit Padiachy af.
. Besoek www.knowourfood.co.za om meer te leer oor McDonald’s se Ken Ons Kos-inisiatief.