Die Huguenot VGK in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en plaaslike sekondêre skole hou ’n spesiale kerkdiens Sondag 13 Oktober om 09:00.
Die afgelope jare se dienste is baie goed deur die matrikulante bygewoon en was ’n reusesukses – daarom word daar voortgebou op hierdie jaarlikse tradisie en matrikulante, studente, ouers en onderwysers word genooi om hierdie diens by te woon.
Die matriekeksamen is ongetwyfeld een van dié eksamens, indien nie die belangrikste eksamen, wat ’n leerder moet aflê nie.
Die bekende akademikus, prof. Gillian Arendse, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch asook ’n oudleerder aan die Paulus Joubert Sekondêre skool, sal vanjaar as prediker optree.
Vir navrae, bel die skoolhoof Ivor Collins van Paulus Joubert Sekondêr by 083 346 3889.