Dit was vandag vir
talle matrikulante van die Drakenstein ’n emosionele laaste dag
van skool, waarna hulle vir die afgelope 12 jaar uitgesien het.
Sommige van hulle het gewens dat die klok vir hierdie
oomblik stadiger en stadiger moes draai. Maar dan was daar weer diegene wat nie
vir die oomblik kon wag om te baljaar nie.
Matrikulante skop op Maandag 15 Oktober om 09:00 met hul eerste vak, rekenaartoepassingstegnologie vraestel 1 (prakties) af. * Op Sondag 14 Oktober om 09:00 hou Huguenot VGK in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en plaaslike sekondêre skole ’n spesiale matrikulante kerkdiens.
Sien
in Donderdag 18 Oktober se Paarl Post meer foto’s van die uitstapdag
Hier is éen van Hoër Jongenskool Paarl se leerders wie hartseer is op sy uitstapdag.
Hier staan die graad 8- 11 leerders van Hoër Jongenskool Paarl erewag terwyl die matrieks by hek uitstap.
Hier is ‘n leerder van Hoërskool Gimnasium Paarl en sy ma by sy uitstapdag.
‘n Groep vriende van Hoërskool Gimnasium Paarl het baljaar na hul uitstapdag.
Ná afloop van Hoërskool Gimnasium Paarl se uitstap, was die matrieks en hul ouers bederf.
Hier maak die graad 8-11 leerders van Hoërskool Gimnasium Paarl gereed om vir die matrieks van hul skool erewag te staan.
New Orleans Sekondêr het hul uitstapdag op Donderdag 11 Oktober gehou.
Matrikulante van New Orleans Sekondêr het soos oudergewoonte hul hempde op hul laaste skooldag geteken.
Matrikulante van New Orleans Sekondêr het soos oudergewoonte hul hempde op hul laaste skooldag geteken.
.