Grant Johnson (seremoniemeester en eienaar van TC Events), Ilse Fourie (Paarl Post-advertensiebestuurder en beoordelaar), Sandra Notnagel (Paarl Mall), Luke Adams (naaswenner), Lourdes-Riley Moses (mooiste rok), Lyle Nyman (wenner van die pak), Leigh Jeneke (naaswenner), Rochelle Sas (beoordelaar en eienaar van van Rochelle Sas Clothing) en Zain Adams (beoordelaar en eienaar van Mr & Miss Runway South Africa).


Paarl Post en Paarl Mall het Donder­dag 28 November die wenners van vanjaar se matriekafskeidkompetisie aangewys.

Altesaam 12 finaliste is deur middel van ’n SMS-stemproses gekies en moes met hul uitrustings op die loopplank spog. Bykans 8 000 SMS’e is ontvang. Drie beoordelaars het op die aand die twee mooiste rokke en aandpakke gekies.

Paarl Post en Paarl Mall wil al die borge bedank asook almal wat die deelnemers via SMS en die aand kom ondersteun het.

You need to be Logged In to leave a comment.