Matrikulante van oor die land heen wat rekenaartoepassingstegnologie (RTT) as ’n vak het, het Dinsdagoggend amptelik met die November eindeksamen begin.
Altesaam 11 030 kandidate het die praktiese eksamen van drie ure lank afgelê. Die enigste uitdaging vir die eksamen was beurtkrag wat reg oor Suid-Afrika ingestel is, maar hiervoor het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) planne in plek gehad om enige ontwrigting te vermy. Die planne geld ook vir die res van die eksamen wat nog voorlê.
Kerry Mauchline, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, David Maynier, het by navraag gesê: “Al ons skole het gebeurlikheidsplanne in plek vir beurtkrag – daar is ’n standaard protokol wat alle skole volg vir geskeduleerde kragonderbrekings soos beurtkrag.
“As beurtkrag byvoorbeeld begin nadat die eksamen reeds begin het, wag kandidate totdat die krag weer aangaan en gaan dan voort met die eksamen met die verlore tyd bygevoeg. Ons distrikte monitor die situasie noukeurig en hanteer enige probleme wat opduik op ’n geval-tot-geval-basis.”
Altesaam 73 846 kandidate skryf vanjaar in die Wes-Kaap matriekeksamen.
Die rooster vir die volgende week is:. Maandag (31 Oktober): Engels (vraestel 1);. Dinsdag (1 November): ekonomie (vraestel 1);. Woensdag (2 November): Afrikaans (vraestel 1);. Donderdag (3 November): geskiedenis (vraestel 1);. Vrydag (4 November): wiskunde (vraestel 1); wiskunde geletterdheid (vraestel 1) en tegniese wiskunde (vraestel 1).
Paarl Post wens alle Drakenstein- matriekkandidate alle voorspoed vir die eksamen toe..Matriculants across the country who have computer application technology as a subject officially kicked off the November final exams on Tuesday morning.


