Die sesde Paarl Post/Paarl Mall Matriekrok-kompetisie het vanjaar talle inskrywings gelok.
Lesers kon weekliks SMS’e gestuur het om vir hul gunsteling matriekrokke te stem.
En Sibongile Sambokwe van die Hoër Meisieskool Paarl is verlede week uit al die inskrywings gekroon as die wenner van die Paarl Post/Paarl Mall se Matriekrok-kompetisie.
Nie net wen sy die titel nie, maar haar skool wen ook ’n advertensie ter waarde van R7 000.
Die wenner is op 16 November by ’n spoggeleentheid by Paarl Mall aangekondig, waar 12 finaliste die geleentheid gehad het om hul prag-uitrustings op die loopplank ten toon te stel.
Altesame R41 000 se pryse was op die spel.
Tydens die geleentheid was Amy Kleinhans, voormalige Mej. Suid-Afrika, Dunay van Heerden (eggenote van Kurt Darren) en Faizah Behardien, Paarl Mall se sentrumbestuurder, die beoordelaars.
Grant Johnson van TC Events was die seremoniemeester en Marvin Moses van Global Spotlight Talent Search het die gaste met sy sang vermaak het.
Paarl Post/Paarl Mall hoop om in 2017 weer die Matriekrok-kompetisie aan te bied, met nóg groter pryse op die spel.
Paarl Post bedank graag al die borge wat van hierdie kompetisie ’n reuse-sukses gemaak het, en ’n spesiale dank aan Dis-Chem wat die hoofborg was.
’n Groot dankie ook aan die publiek wat die deelnemers ondersteun het.