Die Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrokkompetisie vir matriekleerders van 2016 is weer in volle gang.
Indien jy ’n matriekleerder is en wil inskryf, kan jy groot pryse wen!
Hoe om in te skryf:
- Bring ’n vollengtefoto (van goeie gehalte, minstens 1 MB) van jouself in jou matriekafskeidsrok na die Paarl Post-kantoor, Newstraat 1A (langs Virgin Active), met jou naam, van, ouderdom, twee telefoonnommers en jou skool se naam agterop geskryf, of e-pos die foto en jou besonderhede na anne mie.bruce@media24.com.
- Inskrywingsgeld beloop R100 per leerder en die kompetisie sluit op 27 Oktober om 16:00.
- Die foto’s van daardie week met ’n nommer word dan van 5 September tot 27 Oktober weekliks in die Paarl Post en op die Facebook-blad geplaas asook op die Paarl Mall se webtuiste by www.paarlmall.co.za.
- Die gemeenskap kan soos volg stem: SMS die woord MATRIEK met die nommer van jou gunstelingrok, byvoorbeeld MATRIEK 0 na 37405 (R1,50 per SMS).
- Die 12 finaliste met die meeste stemme vir hul matriekrokke sal dan op 16 November meeding om die gesogte titel.
Die wenner se skool wen ’n gratis kwartblad-advertensie ter waarde van R7 000.
Slegs Paarl Post -verspreidingsgebiede se matrieks van 2016 mag deelneem.
Vir nadere besonderhede, bel Annemie by 021 870 4606 of stuur ’n e-pos na annemie.bru ce@media24.com.


