Paarl Post & Paarl Mall Matriekrokkompetisie 2017 – NOG groter en NOG beter!

Inskrywings is nou oop om fantastiese pryse te kan wen!

Matriekleerders word weer vanjaar genooi om in te skryf vir ons 10de agtereenvolgende Matriekrok-kompetisie, oudergewoonte aangebied deur Paarl Post en Paarl Mall.

Verlede jaar se deelnemers en finaliste het met pryse weggestap met ’n totale waarde van oor die R55 000.

Indien jy en jou vriendin hierdie jaar saam inskryf, kwalifiseer jul vir afslag op jul inskrywing.

Hoe om in te skryf:

Die inskrywingsvorm word weekliks in die Paarl Post gepubliseer. Inskrywings is oop vanaf 3 Augustus tot 26 Oktober. Paarl Post plaas dan weekliks die deelnemers se foto’s waarvoor die publiek vir hul gunsteling kan stem. Deelnemers se foto’s sal ook op Paarl Post se Facebook blad en Paarl Mall se webtuiste geplaas word.

Die rok wat weekliks die meeste stemme ontvang, sal deurdring na die finale ronde. Die 12 finaliste wat die meeste stemme ontvang, word in die Paarl Post van 9 November aangekondig.

Inskrywingskoste beloop R100, maar indien jy jou vriendin saambring, betaal jul slegs R150 vir albei.

Bring ’n goeie kwaliteit foto na Paarl Post se kantore by Nuwestraat 1A of epos dit na annemie.bruce@media24.com.

Foto’s moet duidelik gemerk word met deelnemer se naam, skool en kontakbesonderhede.

Op 24 November sal die 12 finaliste hul rokke op die loopplank ten toon stel by ’n glansgeleentheid binne Paarl Mall, waar die wenner aangekondig sal word. ’n Paneel van beoordelaars sal die wenner kies. Slegs matriekleerders van skole in Paarl Post se verspreidingsgebiede mag deelneem (Paarl, Wellington, Klapmuts, Franschhoek, Gouda, Saron en Hermon).

Die wenner se skool sal ook ’n gratis kwartblad advertensie binne Paarl Post wen ter waarde van R7 100.

Saam met hierdie jaar se kompetisie, het Paarl Post en Paarl Mall ook ’n inisiatief bekend gestel naamlik projek ENTLE waar matrieks hul ou (maar mooi) matriekafskeidrokke kan inbring na Paarl Mall, wat dan uitgegee gaan word aan minderbevoorregte graad 11 meisies om asemrowend te kan lyk op hul eie matriekafskeid in 2018.

You need to be Logged In to leave a comment.