Matriekrok-kompetisie in volle swang

Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrok-kompetisie vir matriekleerders is weer in volle swang.


Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrok-kompetisie vir matriekleerders is weer in volle swang.

Indien jy ’n matriekleerder is en wil inskryf, kan jy groot pryse wen!

Hoe om in te skryf:

  • Bring ’n vollengtefoto (van goeie gehalte, minstens 1 MB) van jouself in jou matriekafskeidsrok na die Paarl Post-kantoor, New­straat 1A (langs Virgin Active), met jou naam, van, ouderdom, twee telefoonnommers en jou skool se naam agterop geskryf. Of e-pos die foto en jou besonderhede na annemie.bruce@media24.com.
  • Inskrywingsgeld is R100 per leerder en die kompetisie sluit op 27 Oktober om 16:00.
  • Weekliks word die foto’s met ’n nommer daarop in Paarl Post geplaas asook op die Facebook-blad van Paarl Mall se webtuiste by www.paarlmall.co.za, tot 27 Oktober.
  • Die gemeenskap kan as volg stem: SMS die woord MATRIEK met die nommer van jou gunstelingrok, byvoorbeeld MATRIEK 0, na 37405 (R1,50 per SMS).
  • Die 12 finaliste met die meeste stemme vir hul matriekrok sal dan op 16 November meeding om die gesogte titel by ’n glansgeleentheid by Paarl Mall.

Die wenner se skool wen ook ’n gratis kwartblad-advertensie ter waarde van R7 000.

Slegs matrieks vanuit Paarl Post se verspreidingsgebiede en wat in 2016 in matriek is, mag deelneem.

Vir nadere besonderhede, bel Annemie Bruce by 021 870 4606 of stuur ’n e-pos na annemie.bruce@media24.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.