Matriekrok-finaliste nou bekend

Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrok-kompetisie word op Woensdag 16 November om 19:00 in Paarl Mall gehou.


Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrok-kompetisie word op Woensdag 16 November om 19:00 in Paarl Mall gehou.

Die 12 finaliste wat vandag in die koerant verskyn, sal Donderdag 16 November aan die glansgeleentheid voor Edgars in die Paarl Mall om die gesogte titel meeding.

Die twee bekende gasbeoordelaars is die voormalige Mej. Suid-Afrika, Amy Kleinhans, en Kurt Darren se vrou, Dunay van Heerden.

Almal is welkom. Mense sal ook skenkings kan maak vir die Paarl Mall se Wensboom, hoewel dit nie verpligtend is nie.

Die wenner van die matriekrokkompetisie se skool wen ook ’n gratis kwartblad-advertensie ter waarde van R7 000 in Paarl Post. Rig navrae aan Annemie Bruce by 021 870 4606 of e-pos annemie.bruce@media24.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.