Paarl Post, in samewerking met die Paarl Mall, se jaarlikse gewilde matriekrok-kompetisie word op Woensdag 16 November in Paarl Mall gehou.
Die 12 finaliste met die meeste stemme vir hul matriekrokke sal op Donderdag 10 November in die Paarl Postbekend gemaak word.
Op 16 November word die glansgeleentheid voor Edgars in die Paarl Mall gehou waar die finaliste om die gesogte titel sal meeding om 19:00 tydens ’n swiergeleentheid.
Almal is welkom.
Op die aand sal donasies vir die Paarl Mall se Wensboom ook opgeneem word. (Dit is nie verpligtend nie).
Die wenner se skool wen ook ’n gratis kwartblad-advertensie ter waarde van R7 000 in Paarl Post.
Vir nadere vrae, bel Annemie Bruce by 021 870 4606 of stuur ’n e-pos na annemie.bruce@media24.com.