Hugenote Hoërskool vereer jaarliks oudleerders wat besonders presteer en vanjaar was dr. Sors Joubert (links), wat in 2002 aan die skool gematrikuleer het, aan die beurt. Joubert het by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus gestudeer en sy B Ed-graad en daarna ook sy honneurs- en meestersgraad behaal. Hy het sy navorsing voortgesit en sy doktorsgraad in opvoedkunde behaal. Die titel van sy tesis was: “The influence of gross motor development programmes on the lives of learners from rural disadvantaged multi-grade schools.” Hy is tans ’n senior dosent in lewensoriëntering en liggaamlike opvoeding by die KSUT en hoofafrigter in atletiek by Maties. Joubert het ’n besonderse tienkamploopbaan gehad. Hy was onder meer Bolandkampioen (2004 – 2007, 2010 en 2011), Suid-Afrikaanse junior kampioen (2003), SA studentekampioen (2003 – 2006) en SA senior kampioen (2006, 2010). Hugenote se hoof, Wikus Naudé, het hom met sy onlangse besoek ontvang.Foto: