Voornemende studente aan die Universiteit Stellenbosch kan nou finaal voor 30 Junie aansoek doen om by dié instansie te studeer.Foto: Stefan Els


Voornemende studente aan die Universiteit Stellenbosch het tot 30 Junie om hul aansoeke vir 2021 in te dien.

Die US word gereeld op verskeie internasionale ranglyste as een van die drie topuniver­siteite in Suid-Afrika gelys. Die universiteit het ook een van die hoogste eerstejaar­deur­vloeikoerse in Suid-Afrika – meer as 85% van US-studente vorder jaarliks na hul tweede studiejaar.

In die lig van die Covid-19-pandemie, wat verskeie matrikulante met onsekerhede oor die pad vorentoe gelaat het, stel die universiteit se sentrum vir studentewerwing en loopbaanadvies aansoekers gerus.

Die sentrum is gereed om matrikulante by te staan om ingeligte besluite rakende hulle voorgraadse studies in 2021 te neem.

Vir meer inligting oor die US se akademiese aanbod, of om die aansoekproses te begin, word voornemende Maties genooi om www.maties.com te besoek.

Matrikulante kan ook e-pos aan csr@sun.ac.za stuur vir ’n virtuele of telefoniese raadgewingsessie.

’n Vriendelike versoek word aan diegene wat reeds ’n aanlyn aansoek ingedien het, gerig om asseblief seker te maak dat die aansoek volledig is aangesien studente dikwels nie al die vereiste dokumente oplaai nie.

Dokumente sluit in: ’n bewys van betaling (’n R100 nieterugbetaalbare aansoekfooi), ’n getekende kontrak, sowel as die finale graad 11-uitslae vir diegene wat tans in hul finale skooljaar is, óf die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-uitslae vir diegene wat reeds hul finale skooljaar voltooi het.

Die keuringsproses neem slegs voltooide aansoeke in ag. Volledige besonderhede is by www.maties.com beskikbaar.

Omdat daar in vandag se werksplek soveel veranderings plaasvind, bied die universiteit jaarliks nuwe programme aan wat gegradueerdes vir die nuwe wêreld van werk sal toerus.

Vanjaar het die fakulteit natuur­wetenskappe drie nuwe interdissipli­nêre programme bekend gestel, wat gebou is op die wisselwerking tussen die mediese wetenskappe, wiskunde, asook chemie en berekenings­wetenskap.

Hierdie drie programme is biomediese wiskundige wetenskappe, toegepaste medisinale chemie en bioinformatika en berekeningsbiologie.

Die fakulteit ingenieurswese bied data-ingenieurswese as ’n nuwe stroom in die departement elektriese en elektroniese ingenieurswese aan, terwyl die universiteit ook van 2021 af ’n vierjaargraad in datawetenskap sal aanbied, wat kunsmatige intelligensie, masjienleer en groot data (big data) insluit.• Bystand met die aansoekproses is beskikbaar by 021 808 9111, e-pos info@sun.ac.za of via webklets by www.maties.com (klik op Let’s Talk onder regs).

You need to be Logged In to leave a comment.