Die polisie het Dinsdagmiddag op massas onwettige perlemoen toegeslaan by ’n perseel in die Paarl wat as ’n vrugte- en groentewinkel bedryf is.
Die perlemoen ter waarde van R4,3 miljoen is in vyf vrieskaste van Thobeka Fruit and Vegetables in Jan van Riebeeck Rylaan gevind.
Die polisie het vroeër ’n oproep van ’n anonieme persoon ontvang dat perlemoen in die omgewing gesmokkel word, wat tot die fonds gelei het.
*Lees meer in Donderdag se Uitgawe van Paarl Post